Monday 31 March 2014

What if ....

Wat as...... jy dalk daardie greenpepper wat jy vir die slaai gekoop het se saadjies in die grond gooi?
Wat as ..... jy dalk daardie pampoen se saadjies in die grond gooi?  Of dalk die cherry tamaties se saadjies?

Ek sal jou se wat:  Jy kan dalk 'n pragtige greenpepper later uit jou eie tuin pluk.....daardie cherry tamaties kan dalk in oorvloed sorg vir die volgende slaai....
Hoekom probeer jy nie?  Dit kos net 'n bietjie water elke dag en dalk.....net dalk kan jou tuin jou verras met die wonderlikste eerste oes wat jy nog beleef het.  Alles jou eie.  Jou eie om te gebruik, verniet en om mee te spog.
Probeer dit.  Dis makliker as wat jy dink en sommer baie makliker as wat al die "tuin kenners" dit laat klink.  Gooi net die saadjies in die grond of in 'n tuin bak en gee dit daagliks water.  O ja... en hou dit dop om te sien hoe die natuur se wonderwerk in jou eie tuin gebeur.