Sunday 30 March 2014

Help ons aarde

Oeps het jy van Earth Hour hierdie naweek vergeet?
Maak jou eie Earth Hour - elke bietjie help steeds.  Neem 'n uur enige aand hierdie week en skakel daardie tv en rekenaars in die huis af.  Geniet 'n uur sonder elektriese toerusting.  Hou piekniek op die sitkamer mat.  Spandeer 'n uur buite onder die sterrehemel en wys die kinders waar die suiderkruis is.  Hou 'n skemer-picnic saam met die kinders in die tuin en laat hul weer speletjies soos vroteier ontdek.  Komaan - bring jou kant - dis nooit te laat nie.
En onthou:  Reuse, Reduce, Recycle - Help ons aarde en plant hierdie herfs 'n mooi boom in jou tuin...