Friday 14 March 2014

'n Tuinhuisie vir almal

As daar 'n verlore hout huisie in jou tuin staan, gee hom nuwe lewe.  Dit kan die ideale speelplek vir kleinsus en haar poppe wees (enige dogtertjie se droom), 'n ideale speelplek vir kleinboet en sy maats wat dit omskep in 'n kasteel wat beskerm moet word (enige seuntjie se droom) of die ideale leesplek vir ma waar sy rustig kan sit en koffie/tee drink en droom oor daardie mooi storieboek of tydskrif.  Al wat nodig is, is 'n bietjie verf en verbeelding.  Kyk net hoe mooi kan daardie afgeleefde hout huisie in jou agtertuin lyk as jy klaar is met hom.....  en die lekkerte is jy kan dit omskep in 'n naweek.....