Friday 14 March 2014

Grootmaat Pannekoek




Marietjie le Roux

Hier is ons kermis-pannekoek resep (± 9 liter). . . . 2,5kg meel - 15 teelepels bakpoeier - 6 teelepels sout - 6 liter water - 1 bottel olie - 12 eiers - 100ml asyn . . .
METODE: Gebruik elektriese boormasjien en verfmenger - In groot emmer gooi 2 liter koue water en 1 liter kookwater (van die 6 liter water). Klits by helfte van meel en voeg by al die sout. Gooi nou by 3 liter koue water om die beurt met die res van die meel en al die bakpoeier. Voeg by eiers, olie en asyn - klits goed. (as jy wil kan jy mengsel deur sif gooi in skoon emmer) (Gebruk goeie kwaliteit produkte veral die bakpoeier)