Thursday 20 March 2014

Mynhardt en Tiaan se Ooievaarstee

Makietie: Ooievaarstee

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Uit een van ons ander epsiodes kom ek te hore van die wonderlikste storie. Origami, ‘n eeue oue kuns van papier-vou, het gestalte gegee aan die vou van ‘n ooievaar wat dan aan pasgebore babas gegee is as 'n geskenk om hulle geboorte aan te kondig en hulle te bewaak.

Dit is van hier waar ons hedendaagse gebruik van die woord ooievaarstee vandaan kom! Kinderkamers en geskenke het ons dadelik laat dink aan strokiesprente en helder kleure en dan veral Tin Tin, of Kuifie, soos die meeste van ons hom ken. Ons neem ons grootste inspirasie van hier en kruisbestuif sommer twee beskawings: die Engelse (met Tin Tin) en die Amerikaners met hulle strokiesprent-kultuur en besluit dat Amerikaanse “Diner Food” een van ons gunstelingste kostipes is. Dit pas heerlik in by wat ons beoog om te doen met die unieke konsep vir n babatee.

Ons maak alles met die hand en gee ‘n paar lekker alternatiewe tot die gewone!
Worsrolletjies en Hamburgers         
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Worsrolletjies

Daar is niks lekkerder as 'n worsrolletjie nie en ons verduidelik hoe om sommer jou eie worsies ook te maak, net om dit 'n lekker tuisgemaakte gevoel te gee.

• Die derms vir die wors behoort jy by jou naaste slagter te kan koop per meter.
• 8 groot hoenderborsies, in blokkies
• 1 blok gruyere of ander kaas van jou keuse, in blokkies
• 1 tl gerookde paprika
• sout en peper na smaak
• Derms vir die wors

Gebruik ’n vleismeul om die blokkies hoender medium fyn te maal en sit in ’n bak.  Voeg nou die kaas en die paprika by en geur met sout en peper. Sit die wors stoptuit aan die masjien en voer die hoender deur die masjien tot in die derm. Maak seker die derm skeur nie. Druk nou die lang wors in kleiner worsies - die lengte van jou broodjie. Jy kan klein worsrolletjies koop of sommar jou eie bak soos wat ons gedoen het met ’n basiese brood resep.

Salsa Verde (Klassieke Groen Salsa)

• 1 groot handvol koljander of pietersielie
• 3 huisies knoffel
• paar ansjovis filette
• bakhand vol kappetjie sade
• growwe swart peper
• 125 ml olyfolie

Vir die salsa kan jy begin deur die kappertjie sade, vis filette, knoffel en peper te stamp in ’n stamper en veisel. Die blare kan jy net grof gekap byvoeg. Meng dan eers goed deur en dan kan jy die mengsel effe losser maak met die olie.  Roer dit goed deur en hou eenkant.

Braai die worsies in ’n matige pan tot gaar en haal uit om bietjie te rus. Sit die worsies op die broodjies en skep genoeg van die salsa bo-op om die broodjie lekker geur te gee.

Dit is heerlik!

Hamburgers! Hamburgers! Hamburgers!

Die hamburgers is regtig maklik om te maak en die spek konfyt maak dit iets heeltemal besonders en uniek ons sit tuisgemaakde plat frikkadelletjies op broodjie met spek konfyt en roket blare. Ons hou daarvan om ons eie vleis frikadelle te maak want jy weet presies wat jy kan en wil insit. Pienk peper en growwe sout is gebruik en geen bind middels bygevoeg nie.

• 500g bees maalvleis
• 1 eetl pienkpeper korrels, fyngekap
• 2 teelepels geskroeide koljander
• 1 eetlepel vars koljander
• 1 pakkie tamatie paste
• sout na smaak

Meng die maalvleis met die bestandele en meng dit baie goed deur met jou hand. Vorm nou klein plat frikkadelletjies en braai in ’n matige pan tot steeds pienk aan die binnekant sodat dit nie droog is nie.

Spek Konfyt

• 5 groot rooi uie gekap in lang repies
• 3 pakkies spek in klein blikkies
• 125ml donker bruinsuiker
• 1 klein houertjie kersie tamaties
• 200ml balsamiese asyn
• hand vol roket blare met bietjie olyf olie

Braai nou eers die uie in bietjie olie. Voeg nou die spek by en braai sodat die vet begin uitbraai, voeg nou die tamaties by en braai tot hulle begin oopbars. nou vir die suiker. Jy sal sien ’n tipe stoop begin vorm, dit is presies wat jy wil he moet gebeur. sodra die tamaties weg begin kook kan jy die asyn byvoeg. maak seker jy roor die hele tyd sodat die suiker nie aan die bodem vasbrand nie. Al wat nou oorbly om te doen is om die broodjie aanmekaar te sit. Sit die vleisie bo op ’n ronde klein rolletjie en skep die konfyt bo op. Nou ook vir bietjie van die heerlike groen roket, en dan is jy reg om te rol. Maak maar genoeg aangesien hierdie nooit lank hou nie!
 
           Geskroeide vrugte met Sabayon
Ons hou daarvan om hier vars aarbeie te gebruik wat net in die helfde gesny is. Die vrug is op sy lekkerste so vars

• 1kg vars bessies gesny
• 6 eiergele
• 6 eetl strooisuiker
• 125ml sjerrie

-Meng die gele met die suiker en die sjerrie en klits dit bo oor ’n dubbelkoker tot gaar en linte vorm.
-Maak glasies vol met die bessie en skep lepels vol van hierdie mengsel bo-op.
-Gebruik ’n blaasvlam om die bokant bietjie kleur te gee en bedien dit dadelik.
 
   Vrugte Pasteie en Pasteideeg
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Ons is mal daaroor om vars vrugte te gebruik wat in seisoen is. Hierdie resep werk net so goed met enige sagte vrugte as wat dit werk met hierdie heerlikke pruime.

• 2kg vars pruime, pitte uit in die helfde
• 500g bruinsuiker
• 2 ster anys
• 2 eetl mielieblom
• 250g koekmeelblom
• 75g strooisuiker
• 1 eier
• 100g sagte botter

Voeg die meel saam met die strooisuiker en vryf die botter by. Voeg die eier by en meng tot ’n deeg vorm. Laat die deeg effe rus maar gaan solank aan met die vulsel.

Sit die pruime in ’n pot en gooi die suiker by. Roer dit sodat die suiker kan oplos en voeg die ster anys in ’n sakkie by. Hou jou oog op hierdie mengsel en laat dit effe afkook. Sodra dit fyn gekook is, kan jy die mielieblom byvoeg wat jy met bietjie water gemeng het om die mengsel stabiel te maak.

Voer nou ’n tertpan uit met die deeg en bak blink tot net stewig. Verf die basis met bietjie rou eierwit om die kors te seel.

Gooi die mengsel in die kors en maak ’n patroon met die deeg bo op. Sit weer die tert in die oond tot die deeg bo-op gaar is.

Die oond moet op 180 grade wees en die tert sal so 25 minute neem.

Laat effe afkoel en sit voor met lig geklopte room.
   Preggatinis!         
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Hierdie is ’n maklike mengeldrankie wat gemaak kan word vir mammas wat nie alkohol mag gebruik nie en is heerlik vars en verfrissend.

-  500g vars bessies
-  Bietjie suiker na smaak, dit hang hier af van die bessies se suur
-  1ltr lemonade

Verpulp die bessies saam met die suiker tot fyn.  As dit bessies met pitjies is, sal jy dit dalk deur ’n sif wil gooi. Gooi bietjie hiervan onder in die baba bottels en dan die limondade bo op. Jy gebruik sowat ’n derde puree op  twee derdes limonade, maar doen dit na smaak.

Jy kan lekker baie ys gebruik en selfs mint blare ingooi!