Thursday 20 March 2014

Mynhardt en Tiaan se Boekklub

Makietie: Boekklub

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Die reuk van 'n boek is uniek, elkeen se storie is anders met hulle eie asems en maniere hoe hulle met ons komunikeer. Die moderne weergawes en digitale vorme is deel van ons daaglikse bestaan maar niks kom by die ervaring om 'n boek vas te hou soos 'n geskenk, dit oop te maak en die woorde oor jou te laat loop nie. 'n Goeie boek het nou net die manier om ons te verander, ons denke vorentoe te vat en die wonderlike wereld waarin ons leef op jou hart te kom skryf.

In ons groot word jare was boekklubs min ter sprake en het ons ons toevlug geneem na die biblioteek. Daar kon ons wegkruip in die stilte agter die hoe rakke, diep stoele en die lafenis van stilte. Ons kon staan op hoe berge en na nuwe wêrelde kyk.

Die ervaring word nou gedeel in hedendaagse boekklubs en maak dinge net meer opwindend. Ons kan nou saam praat en redineer en elkeen se unieke
ervaring en opsommings aanhoor, ons eie denke verander en tot nuwe insigte kom. In hierdie hoofstuk bring ons dan vir julle 'n Makietie boekklub soos geen ander. Ons word geïnspireer deur die grot Afrikaanse skrywers van ons tyd en maak kos wat deur hulle skrywe, denke en titels geinspireer word en draai 'n hele vertrek onderste bo om vir julle die wonder van die Boek te bring. Welkom by Makietie se boekklub!

1. Geblansjeerde aspersies met hollandaise sous, pangebraaide sampioene met suurlemoensap, knol groente met suurlemoen tiemie, tempura oesters vir so 'n bietjie Knysna

Voorbereding: 1 uur

• 30 aspersies afgeskil en geblansjeer
• 4 eiergele
• 250g botter, gesmelt
• 1/2 suurlemoen se sap

Klits die eiergele met die suurlemoensap en bietjie sout oor 'n dubbelkoker tot linte vorm, verwyder van die hitte en voeg stelselmatig die botter by terwyl jy klits tot 'n lekker dik sous vorm. Hou eenkant. Wees versigtig dat die eiers nie oorgaar word nie, maak seker die water kook nie te vinnig nie anders is die temperatuur te hoog.

Sampioene
• 500g wilde sampioene per persoon
• Olie vir panbraai
• 2 suurlemoene se sap
• Growwe sout en vars gemaalde swartpeper
• 2 eetlepels botter

Afhangende van die grootte van die sampioene sny in teelepel groote stukkies. Verhit bietjie olie in 'n warm pan en braai die sampioene tot
goudbruin. Gooi die botter, sout en peper by. Net voor jy dit van die hitte verwyder druk die sap oor die sampioene uit en sit eenkant.

Knol groente
• 1kg van n verskeidenheid seisonale knolgroente soos wortels, witwortels,
raap, beet en radyse
• 50g botter
• Bietjie olie
• Vars tiemie takkies
• Growwe sout en varsgemaalde peper

Kook die groente afsonderlik tot net sag en braai in die olie en botter in 'n warm pan voeg die tiemie by en roer goed deur. Sit eenkant

2. Tempura oesters
• 30 oesters uit die dop
• 100g meelblom
• 100g mielieblom, en bietjie ekstra
• 1 tl bakpoeier
• 200-250 ml koue sodawater
• 2 knippies sout
• 1 ltr sonneblom olie

Voeg alles behalwe die oesters bymekaar en meng rofweg tot jy ‘n slapperige beslag het. Dompel die oesters in bietjie meel, dan in die beslag en dan in warm olie tot ligbruin. Verwyder en dreineer op kombuis papier. Rangskik al die voorbereide bestanddele in die uitgeholde boek en bordjie en bedien dadelik. Maak altyd seker oesters is vars, moet ook nie kanse vat met dit nie. Belê in 'n goeie oestermes.

3. Soetpatat pantoffelbrood en gerookte snoek viskoekies bedien met ouma se korrelkonfyt

*Kliek hier vir die resep.

4. Waterblommetjie bredie

Voorbereding: 30 min voorbereding en 4 ure om te kook

• 2kg waterblommetjies
• 1.5kg skaap nek of rib
• 150ml olie
• 1 eetlepel botter
• 3 groot uie gekap
• 3 groot aartappels in blokkies gesny
• Sout en wit peper

Gooi vars waterblommetjies in 'n bak water, gewoonlik die vorige aand. Strooi 'n bietjie growwe sout bo-oor sodat alle vuiligheid kan uitkom. Spoel die volgende oggend goed deur met lopende water. Breek die harde buitekant van blommetjies af, breek blomme middeldeur. Blansjeer die blommetjies en dit is nou reg vir die bredie of kan gevries word tot volgende keer. Braai die uie in die botter en olie tot goudbruin en voeg dan die vleis by en braai tot n mooi ligte bruin kleur. Bedek met water en kook oor matige hitte totdat die vleis van die bene af kom. Voeg dan nou die blommetjies en die aartappels by en kook tot sag. Geur met sout en peper na smaak en bedien met suurlemoensap bo oor.

4. Rooswater en kardamom pannacotta met vars bessies, bessie sorbet, rose malva jellies, eetbare blomme en klein meringue stukkies.