Wednesday 12 March 2014

Meringue-ryspoeding




Meringue-ryspoeding

GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 50-60 minute

180 ml (¾ k) witrys
knippie sout
600 ml melk
2 appels, geskil, ontstronk en in skywe gesny
60 ml (¼ k) suiker
25 g botter
knippie fyn kaneel
60 ml (¼ k) dessertwyn (sjerrie of port)
3 eiers, geskei
60 ml (¼ k) kersie-, aarbei- of appelkooskonfyt
60 ml (¼ k) strooisuiker
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer 6 ramekins deeglik.
  1. Kook die rys en sout 3 minute in kookwater. Dreineer, voeg die melk by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat 10 minute prut. Voeg die appels by en laat prut tot die rys gaar, baie sag en die meeste vloeistof geabsorbeer is.
  2. Verwyder van die hitte en roer die suiker, botter, kaneel en dessertwyn by. Laat effens afkoel en roer die eiergele by.
  3. Skep die rysmengsel in die ramekins en bak tot net gestol. Stip hier en daar met die konfyt.
  4. Klits die eierwitte tot dit sagte punte vorm. Voeg die strooisuiker geleidelik by terwyl gedurig geklits word en klits tot die mengsel dik en blink is.
  5. Skep die meringue bo-op die rys. Maak seker dat die rys heeltemal bedek is. Bak 8-10 minute of tot die meringue ’n goue kleur het.