Wednesday 12 March 2014

Koeskoes-gevulde patats



Koeskoes-gevulde patats
4 patats, gewas
 olyfolie
KOESKOES
 375 ml (1½ k) koeskoes
 60 ml (¼ k) koljanderpesto
 15 ml (1 e) olyfolie
 2 wiele fetakaas, in blokkies
 15 ml (1 e) suurlemoensap
 sout en peper
Verhit die oond tot 180 °C.
1.Pak die patats op ’n bakplaat; besprinkel met die olie. Oondbraai 30-45 minute.
2.Sny die bokant van die patats af; hol effens uit.
3.Koeskoes Maak dit gaar volgens die aanwysings.
4.Meng die res van die bestanddele by; geur met die sout en peper.
5.Skep die koeskoes in die patats en sit voor saam met Griekse jogurt en koljanderblare