Wednesday 12 March 2014

Skoonmaak van 'n glas blompot

'n Pragtige glas blompot bly darem maar mooi met so 'n paar blomstele daarin, maar hoe gemaak om dit skoon te kry.  Veral as dit dalk 'n rukkie op die rak gestaan het en die stof nou lekker onder op die bodem aangepak het.  Geen hand pas in by die nek van daai dun glaspot lyfie nie.
Die oplossing: 
Gooi 'n hand vol rou ryskorrels in die pot en daarna louwarm water.  (Jy kan 'n druppel of twee opwas seep by voeg as jy wil.)  Plaas nou jou hand oor die bek van die glaspot en skud tot al die vuiligheid los kom.  Spoel met skoon water met 'n klein bietjie asyn daarin uit en laat droog word.