Tuesday 25 March 2014

Koeksisters




KOEKSISTERS
Ancoise Strydom
Met dank aan tannie Cecile van der Westhuizen.
Stroop maak aand vooraf
8 koppies suiker...
4 koppies water
50 ml suurlemoensap


5 ml kremetart
Plaas alles in diep kastrol en roer tot suiker als gesmelt is
Sodra dit begin borrel om te kook sit deksel op en kook 5 min toe.
Laat afkoel en plaas in vrieskas oornag. Die stroop moet yskoud wees.
DEEG
4 koppie koekmeel gesif
15 ml bakpoeier
50 ml botter
Knippie sout
3 meduim eiers of 2 jumbo
Gooi eiers in glasmaatbeker en vul op tot 400 ml met melk.
Klits eiers en melk en voeg by droë bestandele.
Knie tot elasties en sit in plastieksakkie in yskas vir minstens n uur.
Rol deeg uit op olie gesmeerde oppervlak tot omtrent 5 mm dik. Sny in 2 cm breë stroke vertikaal en dan horisontaal weer 5cm stroke. Ek gebruik my pitzalem.Begin onder sny glefie met pitzalem in elke degie. Vou beentjies 2 maal oormekaar. Knyp stewig vas op oop ente.Sit in n houer wat lugdig is en bedek met plastiek dat dit nie uitdroog.
Plaas in yskas terwyl wag dat olie verhit in diep dikboomkastrol. Ek gebruik my wok( nie elektries)
Sodra olie warm is bak sowat n dosyn n slag . Sorg dat jou koue stroop in diep bak is . Skep goudbruin koeksisters wat jy roer terwyl dit braai dadlik in die koue stroop. En onderdompel dadelik met aartappel drukker 2 oo n slag Moenie dat die lepel wat jy die koeksisters uit olie skep aan die stroop raak nie. Dit brand jou olie vuil. Skep koeksisters uit stroop op n afdroograkkie met n skinkbord onder.
Bak en geniet
Wenk. Ek maak die stroop altyd dubbel aan wat die resep se.. Sodoende kry jou laaste koeksisters ook genoeg stroop. Die orige stroop kan net weer gevries word.B