Tuesday 25 March 2014

Sjokoladepoeding met sous




Maak die poeding in ’n groot bak sodat die sous nie oorbak nie.
Sjokoladepoeding met sous
...
Lewer 4 – 6 porsies
80 g botter of margarien
125 ml (½ k) suiker
1 ekstragroot eier
375 ml (1½ k) koekmeelblom
10 ml (2 t) bakpoeier
2 ml (¼ t) sout
45 ml (3 e) kakao
200 ml ( ¾ k) melk
Sous
80 ml ( 1/3 k) suiker
15 ml (1 e) kakao
375 ml (1½ k) warm water
Metode
1. Room die botter en suiker saam. Voeg die eier by en klits tot romerig.
2. Sif die meel, bakpoeier, sout en kakao saam. Voeg by die eiermengsel, om die beurt met die melk. Meng goed en skep in ’n groot, gesmeerde oondvaste bak.
3. Sous: Meng die suiker en kakao saam en sprinkel oor die deeg. Giet die warm water stadig oor die deeg, moenie roer nie.
4. Bak vir omtrent 45 minute in ’n voorverhitte oond teen 180°C of tot gaar.
5. Sit voor met vla of geklopte room indien verkies.