Tuesday 11 March 2014

Karringmelk-koek met Druiwe en Port




Karringmelk-koek met Druiwe en Port

Bestanddele:
750g druiwe, in die helfte gesny
500ml port 
500g suiker

Vir die koek:
125g sagte botter
240g strooisuiker
2 eiers
240ml karringmelk
5ml vanielje ekstrak
240g koekmeel
10ml bakpoeier
2ml fyn sout

Metode:
Plaas port en suiker in ’n medium pot, los die suiker op oor ’n medium hitte, en bring dan tot kookpunt. Kook vir ongeveer 3 minute. 
Voer ’n 26cm ronde koekpan uit met bakpapier. Plaas 500g van die druiwe in die koekpan se bodem, en gooi helfte van die port stroop oor. 
Verhit oond tot 180’C. 

Maak nou jou koek beslag: 
Sif jou droe bestanddele saam in ’n bak. 
Room jou sagte botter en strooisuiker saam. Meng die 2 eiers stadig in, en klop goed. Voeg vanielje ekstrak by. Meng die helfte van jou gesifte droee bestanddele in, en dan die karringmelk, en dan die ander helfte van jou droee bestanddele. 
Plaas jou koek beslag bo-oor die druiwe en stroop mengsel in die koekpan, en bak vir ongeveer 45 minute, of tot gaar. 
Haal die koek uit die oond uit, en laat staan vir so 5 minute. Draai die koek dan onderste-bo uit die koekpan, en verwyder enige bakpapier. 
Plaas die res van die druiwe in die orige helfte van die stroop, en gooi dit bo-oor die gaar koek. Bedien met sagte, geklopte Vanileje room.