Tuesday 11 March 2014

FEES VAN DIE DRUIF KAASKOEK MET HASELNEUTE




FEES VAN DIE DRUIF KAASKOEK MET HASELNEUTE

Bestanddele
Kors:
20 ml strooisuiker
125 g gesoute botter
30 ml sonneblomolie
1 eier
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
120 g geroosterde haselneute, grofgekap
30 ml heuning

Vulsel:
40 g sultanas
¼ k verjuice
375 ml strooisuiker
3 eiers
3 eiergele
750 g roomkaas of gladde maaskaas
100 ml mielieblom
45 ml suurlemoensap
375 ml vars room
‘Verskroeide druiwe’ versiering:
½ k heuning
¼ k verjuice *
250 g pitlose rooi druiwe.

Metode
Kors:
Voorverhit die oond tot 150 °C. Smeer ’n diep ronde losboomkoekpan liggies.  Room die suiker, botter en olie saam. Voeg die eier by en meng goed. Sif die meel en bakpoeier saam en voeg dit by die eiermengsel. Meng tot ‘n stywe deeg. Druk die deeg stewig teen die bodem van die voorbereide koekpan vas.  Bak 5 min lank blind. Laat afkoel, sprinkel die gekapte neute oor die kors en drup die heuning oor.

Vulsel:
Kook die sultanas in die verjuice tot die vloeistof verdamp – so 5-6 minute. Hou eenkant.
Klits die suiker, eiers en eiergele saam tot dit dik en romerig is. Voeg die roomkaas, mielieblom en suurlemoensap by en meng goed. Voeg die gekookte sultanas en room by en klits liggies. Giet die mengsel versigtig op die gebakte kors. Bak 1 uur lank. Skakel die oond af, maak die oonddeur oop en laat die kaaskoek heeltemal afkoel. Bedek en plaas ten minste 2 ure, verkieslik oornag in die yskas.

Geskroeide druiwekorrels
Prut die heuning in ‘n pan oor matige hitte tot gekaramelliseer, terwyl jy die pan nou en dan swirl ( 3-4 minute), voeg die verjuice by en swirl om dit in te meng, gooi die druiwekorrels by en kook tot dit stroperig (5-7 minute).  Giet dit oor die afgekoelde kaaskoek.

Algemene Kaaskoekwenke
Bring die room en kaas eers tot kamertemparatuur. Dit maak die mengslag makliker.
Bak kaaskoek in ’n  waterbad en sit die oond af sodra die middel bykans geset is. Die kaaskoek moet stadig in die oond afkoel, met die oonddeur oop. Dan kraak dit nie sommer nie.
 Daar bestaan nie iets soos ‘n kitskaaskoek nie. Sorg dat jy tyd het om die koek langsaam te bak, langsaam af te koel en langsaam te geniet

KAASKOEK WEETWAARDIGHEDE
 Kaaskoek se roem strek so ver terug as 8000 vC na die antieke Griekse eiland Samos toe elke Griekse provinsie met sy eie kaaskoek resep gespog het. ‘n Resep uit hierdie era lui: “Neem kaas, stamp dit en sit in ‘n sif.  Voeg heuning en meel by en verhit alles saam in een massa.”
Kaaskoek was die voorloper van die hedendaagse troukoek en Romeinse bruide het kaaskoek gebak vir die bruidegom se vriende.

Bronne:  Standaard-resep uit Huiskok Glanskok

* Verjuice
The unfermented, acid juice of unripe fruit, primarily grapes. Also known as green juice, it has a sour-sweet taste and adds flavour to sauces, mustard, poached fruit desserts and other dishes.
 It is similar in taste to white wine, but a little more sour, and can replace wine in cooking.
Verjuice has been made in the southern-European vineyards for centuries. When the grapes were thinned out to ensure a good main crop, frugal farmers pressed the discarded green grapes and used this unfermented juice for cooking.
This acidic liquor was recently dusted off by Australian chef Maggie Beer and is now also made in South African vineyards.
It is very versatile alternative to vinegar and can be used in salad dressing, preserves and even baking.