Tuesday 11 March 2014

Oorplasing van foto/prent op ‘n hout canvas




Oorplasing van foto/prent op ‘n hout canvas

Druk die foto/prent op gewone papier.

Kry ‘n geskikte hout canvas van jou keuse.

Verf die canvas wit, en laat doog word.

Smeer ‘n laag (±3mm dik) Gel Medium op die canvas.

Plaas die foto/prent met die gesigkant na onder op die Gel Medium.

Vryf die foto/prent versigtig vas, moet nie te hard druk nie.

Laat staan oornag om droog te word.

Gebruik ‘n sponsie wat nat is om die papier van die foto/prent nat te maak, vryf die sponsie in sirkel bewegings om die papier te verwyder, kyk hoe die foto/prent verskyn.

Los die foto/prent om droog te word. Die foto gaan dof lyk.

Gebruik Tough as Nails om die foto/prent te varnish, dit gaan die kleure weer mooi helder maak.

Tips:
Wanneer daar bewoording op die foto/prent is, moet die foto/prent in spiëelbeeld geprint word.