Monday 10 March 2014

Ingemaakte Kwepers




Naomi le Roux

Ingemaakte Kwepers
Skil en sny die kwepers in kwarte op en sny die klokhuisie uit. Plaas die kwepers dadelik na dit gesny is in n oplossing van water en asyn- of suurlemoensap ... om verkleuring te voorkom.
Dreineer die kweperkwarte, bedek dit met k
ookwater en kook dit tot amper sag. Skep dit uit met 'n gaatjieslepel en weeg die hoeveelheid af.
(Gebruik die water waarin die kwepers gekook het vir die stroop en vul dit met vars water aan indien nodig.)

Stroop:
Gebruik 500 g wit suiker, 625 ml water (waarin die kwepers gekook het,) 12.5 ml suurlemoensap vir elke 500 g kwepers. Verhit die suiker, water en suurlemoensap tot kookpunt... en roer dit aan die begin om die suiker op te los. Plaas die kwepers in die kokende stroop en kook dit tot sag en helder, maar nie pap nie.
Pak die kweperkwarte in gesteriliseerde inmaakflesse en vul dit oorlopens toe met die kokende stroop. Verseël dit dadelik
Uit: Lekker vir later.