Monday 10 March 2014

ROOMYS – 2 BESTANDELE – geen suiwel



ROOMYS – 2 BESTANDELE – geen suiwel
BENODIG:
6 piesangs
125 ml grondboontjiebotter
NOU:
1.Sny die piesangs in dun ringetjies.
2.Plaas dit op n bakplaat en bedek met kleefplastiek.
3.Vries dit.
4.Sit dit in jou voedselverwerker en kap fyn.
5.Meng die grondboontjiebotter by.
Dis die lekkerste lekker