Monday 10 March 2014

Franse melktert




Franse melktert (Gâteau Basque)
deur SARIE.com-span

Die amandelkors is ook baie lekker vir ander soetgebak.
genoeg vir 1

Kors

280 g (500 ml) koekmeel
30 g (80 ml) fyn amandels
7,5 ml bakpoeier
2 ml sout
200 g (250 ml) suiker
165 g (180 ml) botter
3 eiergele
45 ml water
5 ml vanieljegeursel

Vulsel

130 g (160 ml) suiker
20 g (45 ml) mielieblom
5 ml vanieljegeursel
6 eiergele
380 ml melk
250 ml dubbeldik room

Kors
Verhit oond tot 200 °C. Plaas meel, amandels, bakpoeier, sout, suiker en botter in voedselverwerker. Verwerk op hoë spoed tot goed gemeng. Meng eiergele, water en vanielje en voeg by meelmengsel terwyl menger loop en alles in een bal saamkom. Rol deeg op meelbestrooide oppervlak uit. Voer ’n 25 cm-losboomkoekpan met bakpapier
uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Voer pan uit met ⅔ van die deeg en hou res eenkant.

Vulsel
Klits suiker, mielieblom, vanielje en eiergele saam in mengbak. Bring melk en room
tot kookpunt. Gooi oor eiermengsel terwyl jy klits. Gooi mengsel terug in pot en roer met draadklitser oor lae hitte tot mengsel verdik soos witsous. Hou aan kook vir 5 minute terwyl jy roer. Gooi mengsel in uitgevoerde pan. Plaas oorblywende ⅓ deeg bo-op, druk
vas teen deegrand van die kors en sny deeg wat oorhang af. Bak by 200 °C vir 20 minute, verlaag na 180 °C en bak vir nog 15 minute. Laat in yskas afkoel tot
gestol. Haal ring af en sit voor.