Tuesday 11 March 2014

Druiweblatjang




Druiweblatjang
(Maak omtrent 500 ml)
6 koppies pitlose wit- of rooidruiwe
1 rooi ui, gekap
sonneblomolie
2 lourierblare
2 steranys
3 naeltjies
1 t koljandersaad
4 e suiker
6 e witasyn
Kook die druiwe ongeveer 5 minute in water of tot hulle doppies begin oopbars. Dreineer. Soteer die ui en speserye tot sag. Gooi die suiker en asyn by en kook tot stroperig – ongeveer 10 – 15 minute. Gooi die druiwe by en kook nog 5-7 minute. Gooi die blatjang in gesteriliseerde flesse en draai dadelik toe.
WENK: Jy kan ook lemoenskil, knoffel en ander speserye byvoeg.