Tuesday 18 March 2014

Elize se wat-wat skorsies




Elize se wat-wat skorsies
Metode
8 Skorsies
500g maalvleis...
1 Ui
1 Groenrissie
2 Knoffelhuisies
1 pakkie sampioene
Sampioen-soppoeier

Braaivleisspeserye
½ blikkie heel tamaties
Gerasperde kaas
Sny skorsies in helfte en kook met pitte in, tot sag.
Skep pitte uit.
Braai uie, groenrissie, knoffel en sampioene in bietjie olie.
Voeg maalvleis by en braai gaar.
Voeg sampioen-soppoeier, braaivleisspeserye en tamaties by.
Vul die skorsies met die vulsel en strooi gerasperde kaas bo-oor.
Bak in oond totdat kaas gesmelt het. (NB: kaas moet net smelt en nie bruin bak nie, anders word dit hard)