Monday 17 March 2014

Basiliekruidpesto-en-murpampoentjiepasta



Basiliekruidpesto-en-murpampoentjiepasta
(Bedien 4)
...
1 x 400g pakkie spek, gekap
6-8 murgpampoentjies, in dun ringe gesny
2-3 knoffelhuisies, gekap
1 e vars tiemieblare
1 k basiliekruidpesto
500g penne pasta, gekook
2 k gerasperde parmesaankaas
Braai die spek in ʼn bietjie olie tot bros. Voeg die murgpampoentjies by en rooster ʼn paar minute tot bruin. Geur met die knoffel, tiemie, sout en peper.
Roer die pesto deur die warm gekookte pasta met die murgpampoentjiemengsel en parmesaankaas.