Kaas-en-mieliekrokette
4 uie, gekap
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
15 ml (1 e) olie
500 g gaar aartappels, fyn gedruk
15 ml (1 e) melk
15 ml (1 e) botter
sout en peper
30 ml (2 e) origanum
1 blik (400 g) pitmielies, gedreineer
500 ml (2 k) gerasperde cheddarkaas
meel
2 eiers, geklits
250 ml (1 k) broodkrummels
olie
- Braai die uie en knoffel in die olie tot sag.
- Meng die aartappels met die melk, botter, sout, peper, origanum, mielies, kaas en uiemengsel.
- Rol eetlepels vol in bolle en rol dan in die meel, eier en krummels. Braai die krokette goudbruin.
(Huisgenoot)