Monday 13 January 2014

Tiaan en Mynhardt se Terrien




Terrien
Hierdie is 'n baie basiese, lekker en baie koste effektiewe terrien. Dit kan al 'n dag voor die tyd gemaak word en jy kan lekker speel deur allerhande ander kruie en elemente soos geroosterde stukkies groente of geurige kaas by te bring. Die sousie en die garnering maak dit 'n treffer.

Voorbereiding: 1 uur
Oond 180 grade

• 300g bees maalvleis
• Takkie roosmaryn
• Sout en peper na smaak
• 300g vark maalvleis
• 1 gerasperde appel
• Paar takkies salie
• Sout en peper na smaak
• 3 medium gekookde eiers, afgeskil
• 12 repies spek

Gebruik 'n kenwood chef en die k menger, verwerk die vleis apart met onderskeidelike geure totgoed klewerig. Voer 'n broodpan uit met kleef plastiek en voer uit met die spek. Sit die eerste vleis onder in. Maak holtes in die middel en pak die eiers bo op. Voed die ander vleis in en bedek die eiers. Vou die spek om sodat dit die boonste laag vleis toemaak.Bak in 'n waterbad in matige oond vir sowat 25 minute tot gaar. Verwyder uit die water, laat afkoel en sit in die yskas. Sny inskywe. Bedien saam met tuisgemaakde mayonaise en gras uie met hulle blomme.

Tuisgemaakte Mayonaise

Voorbereiding: 15 minute
Die resep is so maklik en kan inallerhande rigtings aangepas word. Om knoffel en vars kruie by te gooi is ons gunsteling. Raak kreatief en kyk wat groei in daardie tuin.

• 3 eiergele
• 1 teelepel droe mosterd
• Knippie sout
• Sap van een suurlemoen
• 750ml goeie olie. Koud geparste sonneblom olie is deesdae net die ding
• Kruie en knoffel na smaak

Maak 'n erde mengbak lekker warm met warm kraanwater, droog vinnig af en gooi drie eiergele in, klits tot lig en skuimerig met elektriese handmenger op hoog vir 3 minute. Voeg by 1 teelepel droë mosterd en sap van 'n halwe suurlemoen en 'n knypie sout. Klits weer op hoog vir 4 minute. Voeg 3 koppies 750 ml olie in 'n dun stroompie stadig by. Moenie hastig wees nie. Klits tot al die olie in is en lekker dik mayo gevorm het.