Tuesday 14 January 2014

Luukse gesondheidsbeskuit




Luukse gesondheidsbeskuit 4 x 250 ml bruismeel
25 ml bakpoeier
10 ml sout
500 ml volkoringmeel
500 ml semels
250 ml muesli
200 ml sonneblomsaad
125 ml pitlose rosyne
100 g pekanneute, gekap
400 g koue margarien, gerasper
500 ml karringmelk of natuurlike jogurt
450 ml suiker
50 ml heuning
10 ml bruinasyn
2 ekstra-groot eiers
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee 1-liter-broodpanne met margarien. Sif die bruismeel, bakpoeier en sout saam. Voeg die volkoringmeel, semels, muesli, sonneblomsaad, rosyne en pekanneute by. Voeg die gerasperde margarien by en vryf goed in. Klits die res van die bestanddele saam en voeg by die meelmengsel. Roer tot goed gemeng. Skep in die pannetjies en bak vir 50?60 minute tot gaar. Keer uit, laat effens afkoel en sny in vingers. Laat oornag in 'n lou oond uitdroog teen ongeveer 50 °C. Lewer ongeveer 60 stukke beskuit.