Tuesday 14 January 2014

Heuning-koekies




Heuning-koekies

  • 185 g botter
  • 125 ml bruinsuiker
  • 125 ml geroomde heuning
  • 1 eier
  • 420 g (750 ml) meel
  • 5 ml kaneel
  • 2 ml bakpoeier
  • knippie sout
Room die botter, suiker en heuning tot glad. Voeg die eier by en meng goed. Sif die droë bestanddele saam. Voeg die droë bestanddele by die bottermengsel en maak aan tot ’n stywe deeg. Vorm die deeg in ’n langwerpige fatsoen. Dit moet so 4 tot 5 cm in deursnee wees. Maak toe met kleefplastiek en laat staan vir ’n uur in die yskas. Verhit die oond tot 180 °C. Voer bakplate met bakpapier uit en smeer met gesmelte botter of spuit die papier met ’n kleefwerende kossproei. Sny die deeg in skywe van so ’n ½ cm dik. Plaas op die bakplaat en bak vir 10 minute.