Tuesday 14 January 2014

Gisbeskuit met kaneel en heuning




Gisbeskuit met kaneel en heuning

RESEP LEWER: 40 BESKUITE
PORSIEGROOTTE: 1 BESKUIT
  • 400 g koekmeel
  • 150 g volkoringmeel
  • 150 g sojameel
  • 300 ml (55 g) spysverteringsemels (digestive bran)
  • 10 ml sout
  • 10 ml fyn kaneel
  • 10 g-pakkie kitsgis
  • 100 g sagte margarien
  • 125 g suiwer heuning
  • 380 g-blik onversoete ingedampte laevetmelk (bv. Ideal-melk)
  • 100 ml water
  • 10 ml suurlemoensap
  1. Verhit oond tot 40 °C.
  2. Meng koekmeel, volkoringmeel, sojameel, semels, sout, kaneel en kitsgis.
  3. Verhit margarien, heuning, ingedampte melk en water tot margarien gesmelt is. Laat melkmengsel afkoel tot louwarm. Voeg melkmengsel en suurlemoensap by droë bestanddele en knie vir 8 tot 10 minute tot ’n sagte, elastiese deeg.
  4. Bedek die deeg met ’n plastieksakkie en vadoek. Plaas op ’n vadoek in oond en laat vir 1 tot 1½ uur rys tot dubbel in volume. Knie deeg af, rol 40 deegporsies in langwerpige vingers en pak lossies teen mekaar in 1 groot of 2 middelslag- gesmeerde broodpanne. Bedek pan(ne) soos voorheen en laat rys weer tot dubbel in volume. Haal broodpanne uit oond, maar hou bedek terwyl oond verhit word.
  5. Verhit oond tot 180 °C.
  6. Bak vir 40 – 45 minute tot beskuit gaar is en hol klink as jy daarop klop.
  7. Keer beskuit op draadrakkie uit en laat afkoel. Breek in stukke en droog vir 8 uur by 80 °C of in louoond.
WENKE
  • Die kaneel gee ’n besondere geur aan die beskuit, maar kan na smaak met anys vervang word.
  • Die beskuit bevat min vet en week lekker gou sag in warm koffie.
  • Die GI van die beskuit kan van GI = 62 verlaag word na GI = 56 wanneer 60 ml melk by die tee of koffie gevoeg word. Saam met ’n klein vrugteporsie kan dit werk vir ’n haastige ontbyt.

(Sarie)