Tuesday 14 January 2014

KOSBLIK IDEES WAT ANDERS IS




Liefa Griesel

KOSBLIK IDEES WAT ANDERS IS

1. Pak volgraan broodjie met lekker koue vleis en slaaiblare (los uit as dit warm is). Sit 'n lekker mosterdsousie of chutney op die vleisie...dis heerlik! pak daarmee saam 'n lekker pasta slaai en 'n vrug soos 'n naartjie of appel of 'n trossie druiwe in. Kies kosblikke met kompartemente, dan bederf die een nie die ander se smaak nie!


2. In plaas van brood pak jy piesangbrood, pekkaneut en sjokolade muffins of selfs die gewilde marmite -tert in...dit breek die verveligheid van brood !

3. Koue frikadelle, frikadelle op stokkies en 'n lekker tuisgemaakte mosterd sousie is ook heerlik! Pak daarmee saam wortel en komkommer stokkies in. Gesond en kleurvol!

4. Sit 'n paar wine-gums of Jelly Beans in mens kry dit nou in oulike klein verpakkings!

5. Onthou die drinkgoed, water wat jy gevries het, lekker aanmaak koeldrank of selfs vrugtesappies wat jy vries.

NOG KOSBLIK IDEES

1. Geroosterde Hoender repies wat afgekoel is is heerlik. Sny hierby komkommer, wortel vingers en druk volkoring enkel broodjies uit in vormpies soos handjies, harte en ander. Sit kaas op die broodjie en druk dan jou vormpie met 'n koekiedrukker! Dis anders en die kinders is mal daaroor!

2. Sit dan 'n bakkie Joghurt in met 'n plastiese lepeltjie, en dan gemengde droë vrugte apart in die ander kompartement. Sodoende kry jou kind alles in wat gesond is en lyk die kosblikkie pragtig!

3. Yogi Sip is ook 'n ander idee wat by hierdie kosblik sal pas!