Tuesday 14 January 2014

STOKKIE FRIKKADELLE




Liefa Griesel

STOKKIE FRIKKADELLE

2 snye volkoringbrood
500 g maalvleis
1 eier
90 g gerasperde kaas
15 ml tamatiesous
15 ml blatjang
15 ml worcestersous
hand vol gekapte pietersielie (opsioneel)

sout en vars gemaalde swartpeper
sosatiestokkies in die helfte gesny
Week die brood vir sowat 10 minute in koue water.
Druk die oortollige water uit, meng met die res van die bestanddele en geur met sout en swartpeper.
Vorm klein balletjies in jou hand en druk elkeen afsonderlik op 'n sosatiestokkie.
Pak op 'n bakplaat en bak vir 15-20 minute teen 200 °C.
Laat goed afkoel op die bakplaat.

WAT PAK EK SAAM MET STOKKIE FRIKKADELLE?

1. Nou kan jy lekker speel - Jy pak klein rosa tamaties in 'n bakkie, sny wortels in stokkies en dan sny jy pynappel skywe in die helfte en pak dit in 'n aparte bakkie.

2. Ook hiermee saam kan jy 'n lekker volkoring rolletjie inpak!

3. Hawermout koekies is ook 'n lekker soet dingetjie of 'n energie stafie!

4. Onthou die koeldrankie! En dan natuurlik as jy wil hê jou kind moet iets onthou gebruik 'n gekleurde wasgoed pennetjie en knyp dit aan die sakkie van die pynappels vas met 'n nota...sodoende onthou hul ten pouse wat hul die middag aan het!