Tuesday 14 January 2014

Klewerige Hoender vlerkies/boudjies




Lourens de Lange
Klewerige Hoender vlerkies/boudjies

Bestanddele
16 hoender vlerkies/ coctail boudjies
125ml vars suurlemoensap...
80ml fyn appelkooskonfyt( gesmelt)
125ml sojasous
80ml blatjang
3 knoffelhuisies ( fyngedruk)
1 groot ui (fyngekap en gesoteer)

Metode
Voorverhit die oond tot 160C. Pak die hoender vlerkies/boudjies in ‘n vlak oondvaste bak.
Meng die res van die bestanddele goed en giet oor die vlerkies. Marineer ongeveer 1 uur lank. Bak dan sowat 1 uur lank onbedek tot die hoender vlerkies gaar en goudbruin is. Genoeg vir 6