Tuesday 14 January 2014

GESONDE " HAMBURGER" KOSBLIK




Liefa Griesel

GESONDE " HAMBURGER" KOSBLIK

Gebruik 'n volkoring ronde "bun"

1. Sit lekker koue vleis (selfs vd vorige aand se boud wat oorgebly het)
2. Dan 'n lekker skyfie kaas
3. Komkommer is heerlik op so broodjie
4. Tamatie (net as dit nie te warm is nie)
5. Smeer dan chutney of 'n lekker mosterdsousie op die vleisie en sit 'n vrug van jou

kind se keuse by!
6. Sit 'n lekker sap saam in en dis 'n heerlike kosblik en gesond!

DIE GESONDE OPSIE!

My kind is baie gesondheidsbewus wat die kosblik moeiliker maak!

Hier is wat ek doen

Ek pak vir haar provitas of crackers in (mens kry die klein verpakkings)
Dan sit ek vir haar in die klein bakkies wat mens saam met wegneem etes kry (veral die bakkie saam met sushi waarin die soja sous is) haar gunsteling Philidelphia kaas. Ek sit altyd 'n kort smeermessie in,
Dan koop ek klein worteltjies, baba ertjies, bone wat lekker "crispy" is en aarbeie of wat ookal ek kan kry in berries!
Ek sit vir haar 'n ongegeurde Joghurt met plastiese lepeltjie en dan ook haar gunsteling vrugtesap! Ook 'n tzatziki sousie wat ek self maak om die groente in te doop! Sy geniet dit vreeslik en die blik lyk altyd pragtig!
KOUE PASTA KOSBLIK
Picture
Nog 'n lekker idee is om 'n pasta slaai met die strikkie pasta te maak - sny dan vars peppers, komkommer, mielies en alles waarvan jou kind hou daarby! Gebruik die oulike bakkie van tupper wat die slaaisous bakkie apart het en sit dit dan so vir jou kind in! Sodoende smul hul heerlik aan gesonde kos!
PLATBROODJIES EN HUMMUS BLIKKIE
Picture
Maak klein platbroodjies en heerlike hummus (apart in 'n bakkie) en sit dit vir jou kind in saam met droëwors stokkies, kaas wat jy in vormpiies uitdruk, klein tamatietjies (los heel) komkommer wat jy met vormpies uitgedruk het en dan apart 'n bakkie met korrels druiwe, enige berries wat jy kan kry en dan pynappel blokkies uitgedruk met ster vorm koekiedrukker!

Hierdie blik is groot pret en enige kind sal mal wees daaroor!