Tuesday 14 January 2014

Heuning kaneelkoek

 

Heuning kaneelkoek


Hierdie spesery gegeurde koek gebruik Bakers Tennis beskuitjies, pekaneute, vanielje en heuning. Hierdie smaaklike en maklike koek, bestrooi met versiersuiker, maak dit perfek vir teetyd en feestlike genot.


Lewer 1 groot koek.

Bestandele
  • 150 g (3⁄4 pakkie) Bakers Tennis beskuitjies
  • 150 g (375 ml) pekanneute
  • 7,5 ml bakpoeier
  • 10 ml fyn kaneel
  • groot knippie sout
  • 5 jumbo eiers, geskei
  • 200 ml suiker
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 250 ml warm water
  • 150 ml heuning
  • 90 ml strooisuiker
  • ekstra fyn kaneel en versiersuiker
Instruksies
Verkrummel die Bakers Tennis beskuitjies en neute in ’n voedselverwerker tot fyn. Gooi oor in ’n mengbak. Roer die bakpoeier, fyn kaneel en sout by en sit eenkant.
Klits die eiergele in ’n skoon bak met helfte van die suiker tot lig van kleur en voeg die vanielje by. Hou eenkant. Gebruik nog ’n skoon bak en klits die eierwitte tot sagte punte.
Voeg die orige 200 ml suiker geleidelik by, hou aan met klits tot dik en blink. Vou die eiergeelmengsel liggies by die eierwitmengsel in.  Strooi die krummelmengsel bo-op en vou ook liggies in.
Gooi die mengsel oor in ’n gesmeerde 24 cm- losboompan en bak in ’n voorverhitte oond teen 160 oC vir 30 – 40 minute of tot gaar. Meng dan die warm water, heuning en strooisuiker saam.
Roer tot die suiker opgelos is. Skep lepelsvol oor die warm koek en laat dit in die pan afkoel. Verwyder die koek van die pan, bestrooi met ekstra fyn kaneel en versiersuiker en bedien.
NS: Uiteindelik is daar ’n koek wat almal kan bak! Dit is soet en geurig en kan selfs die vorige dag al gebak word.