Tuesday 14 January 2014

Gegeurde heuning




Gegeurde heuning
Maak: 2 flesse
Bereidingstyd: 20 minute, plus staantyd

• 750 g heuning
• 15 ml gerasperde lemoenskil
• 15 ml gerasperde suurlemoenskil

• 1 kaneelstokkie (opsioneel)

1 Verhit die heuning in ’n kastrol oor lae hitte. Voeg die sitrusskil en kaneelstokkie, as jy dit gebruik, by. Laat liggies prut vir 10 minute, haal van die plaat af en laat vir twee uur eenkant afkoel.

2 Gooi deur ’n siffie in skoon, gesteriliseerde bottels of flesse en seël. Smeer op skons, drup oor gebakte vrugte of pannekoeke, gebruik as ’n bestanddeel in gebak of voeg by geregte met geroosterde hoender of varkvleis. Verpak dit so Kopieer die by-patroon (hier onder) op dik papier. Knip dit in ’n kaartjie uit en pons ’n gaatjie in die middel bo. Sit ’n metaalogie in as jy ’n metaalogie-tang het. Ryg ’n stukkie tou of lint daardeur en knoop aan die fles vas. Sit ’n heuninglepel by as jy wil.