Tuesday 14 January 2014

GRENADELLA YSKASTERT




Leanda Van Der Westhuizen

GRENADELLA YSKASTERT

1 blik Ideal melk, oornag verkoel

1 klein blikkie grenadella puree
125 ml strooisuiker
1 pakkie suurlemoen jellie
250 ml kookwater
2 pakkies Tennisbeskuitjies (200g elk)

Klits die Ideal melk to styf, gooi dan die strooisuiker en grenadella by. Maak die jellie aan met die kookwater en laat koud word. Meng dit by die melkmengsel in. Doop die beskuitjies vinnig in bietjie melk en pak 'n laag onderin 'n reghoekige glasbak. Gooi die helfte van die grenadellamengsel bo-op. Pak nog 'n laag beskuitjies bo-op en gooi dan die res van die grenadellamengsel bo-op. Krummel 'n paar beskuitjies fyn en sprinkel dit bo-oor. Laat in die yskas om te stol.