Tuesday 14 January 2014

Tuisgemaakte heuningkoek




Tuisgemaakte heuningkoek
Maak: 4-6 klein sakkies vol
Bereidingstyd: 10 minute

• 60 ml heuning
• 30 ml gouestroop
• 250 ml (210 g) suiker
• 15 ml koeksoda, gesif

1 Spuit kossproei oor ’n groot stuk tinfoelie. Vou die rande effens op.

2 Verhit die heuning, stroop en suiker in ’n groot swaarboom-kastrol. Roer af en toe tot die suiker opgelos het. Wanneer dit opgelos het, verhoog die hitte en laat prut sonder om te roer. Moenie dat dit te hoog kook nie, dit moet net liggies prut. Laat prut tot dit die hardekraakstadium bereik (wanneer ’n druppel van die stroop maklik in koue water opbreek) of tot 149-154 ˚C op ’n suikertermometer.

3 Haal van die plaat af en voeg die koeksoda by. Die mengsel sal begin skuim. Gooi dit dadelik in die foeliebak. Moenie dit smeer nie. Sit vir omtrent 30 minute eenkant om hard te word. Hou in ’n lugdigte houer. Breek in growwe stukke en verpak. Verpak dit so Sit die heuningkoek in ’n sellofaansakkie en bind dit met ’n lint toe.

Slim idee
Die heuningkoek moet in ’n lugdigte houer of sellofaansakkie gehou word om te keer dat dit taai word.