Tuesday 14 January 2014

Boerewors Stew




Jolene Lubbe Van Wyk

Sny boerewors in stukke en braai in pan sodat meeste vet uit is. In pot braai uie in bietjie botter, voeg aartappels by en laat bietjie kook, voeg dan groente by soos opgesnyde wortels, groenbone, patty pans en gooi gaar boerewors by. Laat kook tot groente gaar is en bedien met rys. Moenie vet van die pan waarin die wors uitgebraai was in die pot gooi nie want dan is jou kos baie baie vetterig.