Tuesday 17 December 2013

Vinnige Kerstafel "centrepiece"


Nie tyd om rond te kyk en planne te maak vir 'n pragtige Kerstafel fokuspunt nie?  Nie die geld om 'n duur een in die winkels te koop nie?

Kyk in jou kas vir die mooiste glas bak (dalk een met 'n voetstuk).
Gooi sjokolade wat in goue papiertjies is (of dalk rooi en goud) in die bak.
Nou kan jy dit net so los of jy kan dalk 'n paar kersballe of klein geskenkies tussen-in plaas.

Jy kan ook as jy wil, onder die sjokolade, kant frommel in die bak, om dit 'n wasige voorkoms te gee.

Bron:  Facebook / In en om die huis member shared