Wednesday 18 December 2013

OMELETKOEK




OMELETKOEK


JY BENODIG
8 eiers
seesout
grofgemaalde swartpeper
brie (ongeveer 50g)
bloukaas (ongeveer 40g)
bokmelkkaas (ongeveer 50g)
handvol vars basiliekruid
1 eetlepel vars pietersielie, gekap
2 eetlepels grasuie, gekap
botter of druiwepitolie
METODE
Klits eiers en geur baie liggies met sout en peper. Verhit ‘n klein bietjie olie of botter in ‘n medium pan. Gooi ¼ van eiers in pan vir eerste omelet. Bak tot bokant amper gestol is. Gly uit op opdienbord. Breek brie oor omelet en strooi geskeurde basiliekruidblare oor. Bak volgende omelet en plaas versigtig bo-op eerste omelet. Breek bloukaas oor en sprinkel pietersielie oor. Bak derde omelet en plaas bo-op. Breek bokmelkkaas oor en sprinkel met grasuie. Bak laaste omelet en plaas bo-op. Sny in skywe en bedien warm of teen kamertemperatuur.