Tuesday 17 December 2013

Gebakte ricottamuffins met tamatieslaai




Gebakte ricottamuffins met tamatieslaai
Hierdie ricottamuffins kan ook met geroosterde soetrissierepe en olywe voorgesit word.
Genoeg vir: 8-10 porsies
Bereidingstyd: 15 minute
Oondtemperatuur: 160 °C
Baktyd: 30 minute
500 g ricottakaas
2 eiers
125 ml parmesaankaas, gerasper
sout en varsgemaalde swartpeper
Voorverhit die oond. Krummel die ricottakaas in ‘n mengbak. Klits die eiers by en meng deur saam met die parmesaankaas en sout en varsgemaalde swartpeper. Smeer ‘n muffinpan en skep die ricottamengsel in die holtes van die muffinpan. Bak vir sowat 15 minute of tot goudbruin en gaar.



Tamatieslaai
Genoeg vir: 4 porsies
Bereidingstyd: 30 minute
1 kg gemengde ryp tamaties (gebruik verskillende groottes en kleure)
sout en varsgemaalde swartpeper
vars origanum, gekap
30 ml rooiwynasyn of balsemiekasyn
90 ml olyfolie van goeie gehalte
1 knoffelhuisie, gekneus
1 vars rooi brandrissie, ontpit, gekap
1 pak vars roketblare of vars basiliekruidblare, rofweg geskeur
Sny die tamaties in skywe en geur met sout en swartpeper. Plaas in ‘n vergiettes en laat staan vir sowat 15 minute. Meng die tamaties met die origanum. Klits die asyn, olyfolie, knoffel en brandrissie saam en meng deur die tamaties. Sit voor op roketblare of sprinkel geskeurde basiliekruidblare bo-oor.