Tuesday 17 December 2013

Sterkgekruide eiers met ham en aspersies




Sterkgekruide eiers met ham en aspersies
Genoeg vir: 6-8 porsies
Bereidingstyd: 30 minute

10 eiers, hardgekook
125 ml mayonnaise van goeie gehalte
6-8 pikantrissies
45 ml vars koljanderblare, gekap
sout en varsgemaalde swartpeper
20 gaar aspersiepunte
20 repe dungesnyde ham

1 Halveer die hardgekookte eiers in die lengte en skep die eiergele versigtig uit. Meng dit met die mayonnaise, pikantrissies, koljander en sout en swartpeper.
2 Skep die vulsel versigtig terug in die hardgekookte eierhelftes. Sit ‘n aspersie bo-op elke eierhelfte en draai ‘n reep ham om die eier en aspersie, en verstewig dit met ‘n stukkie tou of ‘n peuselstokkie.