Tuesday 17 December 2013

Salm-en-aartappelviskoekies




Salm-en-aartappelviskoekies

Vervang gerus die salm deur gerookte skelvis of enige ander vis van jou keuse. Jy kan ook ndie vars salm met geblikte salm vervang – gebruik dan ‘n groot blik pienk salm.

Genoeg vir: 8-10 porsies
Bereidingstyd: 45 minute
Oondtemperatuur: 200 °C
Gaarmaaktyd: 10-15 minute

500 g salmfilette, vel verwyder
olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper
300 g aartappels, geskil
15 ml suurlemoenskil, fyngerasper
60 ml grasuie, fyngekap
125 ml Italiaanse pietersielie, fyngekap
1 eier
sowat 625 ml vars broodkrummels
2 eiers, geklits
olie vir vlakbraai
Knoffel-en-suurlemoen-mayonnaise
125 ml mayonnaise van goeie gehalte
5 ml suurlemoenskil, fyngerasper
30 ml suurlemoensap
1 knoffelhuisie, gekneus
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

1 Voorverhit die oond. Bereidie knoffel-en-suurlemoenmayonnaise deur al die bestanddele saam te meng.
Hou eenkant tot nodig.
2 Plaas die salm op ‘n bakplaat en verf met olyfolie. Geur met sout en swartpeper, en oondrooster dit vir sowat 12-15 minute of tot gaar. Laat afkoel en vlok die vis.
3 Kook die aartappels in soutwater tot gaar. Dreineer en druk fyn.
4 Meng die gevlokte salm, aartappels, suurlemoenskil, grasuie, pietersielie, eier, 250 ml van die broodkrummels en sout en swartpeper in ‘n mengbak. Vorm die mengsel in viskoekies. Doop die viskoekies in die geklitste eier en daarna in die oorblywende broodkrummels.
5 Verhit die olie in ‘n braaipan en braai die viskoekies oor matige hitte tot goudbruin aan albei kante. Sit voor saam met knoffel-ensuurlemoenmayonnaise.