Braaisous - Wat’s pap sonder sous?
Jy het nodig vir 6-8 mense:...
2 eetlepels olie
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
2 tamaties, geskil en gekap
1 appel, geskil en gerasper (opsioneel)
1 x 50 g-pakkie tamatiepuree
½ koppie pitlose sultanas
½ koppie droë witwyn
1 blokkie vleisekstrak, opgelos in 1 koppie kookwater
¼ koppie blatjang
2 eetlepels Worcestersous
2 teelepels paprika
1 eetlepel appelkooskonfyt
sout en peper na smaak (proe eers voor jy bygooi)
Prut alles saam. Verhit die olie en braai die uie en knoffel tot goudkleurig. Voeg die tamaties by en roer vir ’n minuut of twee. Voeg die res van die bestanddele by en prut oor baie lae hitte vir sowat ’n halfuur. Proe eers of die ekstrakblokkie hom nie dalk sout genoeg gemaak het nie, voor jy ekstra sout bygooi.