Soetkoekies met konfyt in die middel
Jy benodig...
½ blok (250 g) botter
300 g strooisuiker
2 groot eiers
500 g koekmeel
3 teelepels bakpoeier
1 ml sout
½ teelepel vanieljegeursel
1 koppie konfyt van jou keuse
Só maak jy
1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer die bakplate met ’n bietjie botter (ongeveer 1 eetlepel).
2 Room die botter en suiker totdat dit lig en donsig is. Voeg die eiers een vir een by en klits die mengsel goed ná elke eier.
3 Sif die droë bestanddele saam en vou dit versigtig by die eiermengsel in. Roer laastens die geursel by. Laat die deeg vir sowat 30 minute in die yskas rus voor jy dit gebruik.
4 Maak bolletjies van sowat 1 eetlepel deeg en pak dit op die bakplate. Druk met jou duim ’n gaatjie in die middel van elke bolletjie en skep 1 teelepel konfyt daarin.
5 Bak die koekies vir omtrent 20 minute of tot dit ligbruin is en die konfyt gesmelt. Pak hulle op ’n draadrak om af te koel.
WegSleep sê: Jy kan enige konfyt gebruik. Vir ’n sjokoladeweergawe kan jy sowat 50 g van die meel met kakao vervang.