Wednesday 16 October 2013

Vinnige maalvleis-pasteie




Vinnige maalvleis-pasteie

(30 minute, 4 – 6 porsies)...
◾30 ml sonneblomolie
◾500 g maalvleis
◾4 sprietuie, gekap
◾2 wortels, gerasper
◾2 knoffelhuisies, fyngekap

◾sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
◾5 ml droë gemengde kruie
◾1 eier, geklits
◾100 g pecorino-kaas, gerasper
◾1 vel blaardeeg

Verhit jou oond tot 200 ºC. Verhit die sonneblomolie in ’n pan en braai die maalvleis tot los en bruin. Voeg die sprietuie, wortels en knoffel by. Braai vir sowat 2 minute. Geur met sout, swartpeper en gemengde kruie. Braai verder vir sowat 5 minute. Voeg die geklitste eier en pecorino-kaas by en meng deur. Sny die blaardeeg in vierkante en voer 6 groot gesmeerde muffinpanne daarmee uit. Skep die vulsel in die deeg en plaas in die warm oond. Bak vir sowat 20 minute tot die deeg bros is.