Wednesday 16 October 2013

Hou kruie vars



Kruie Wenk

As die kruie uit jou tuin kom, moenie dit afspoel tot net voor jy dit gaan gebruik nie. Sit die kruie in ’n fles met ’n bietjie water en bêre dit in die yskas. Sit ’n plastieksak losweg oor die fles met kruie. Vervang die water elke tweede dag.
Sekere kruie, soos basilie en pietersielie, hoef nie eens in die yskas gehou te word nie; hou dit net op ’n koel plek in die fles. As jy kruie koop wat verpak is, is dit die beste om dit in die pakkie te los. Kyk dat dit behoorlik toe is en bêre dit in die yskas.

(Idees)