Wednesday, 16 October 2013

GEROOKTE MAKRIELSLAAI




GEROOKTE MAKRIELSLAAI

JY BENODIG
2 medium komkommers, geskil en saadjies verwyder
1 eetlepel seesout
2 filette gerookte makriel (ongeveer 250g)
1 teelepel suiker
sap van ½ suurlemoen
½ koppie grasuie, fyngekap
½ koppie vars room
1 eetlepel dille, fyngekap
’n vars bos (ongeveer 300g) bronkors (‘watercress’)
METODE
Sny komkommer in dun skyfies en sprinkel met seesout, dreineer vir 30 minute. Breek makriel in stukke en plaas in mengbak met komkommer. Meng suiker, sap, room, grasuie en dille saam. Gooi oor makriel en meng versigtig. Verdeel bronkors tussen 4 tot 6 slaaibordjies en skep makrielslaai bo-op.