Monday 7 October 2013

Pynappel kaaskoek




Pynappel kaaskoek

Kors
125 gr margarine
2 T bakpoeier...
2 K meel
1/2 K suiker
1 eksta groot eier
Knippie sout


klits margarine en suiker tot room
Klits eier goed by
Voeg droë bestandele by en meng goed
Druk in pan ( ek gebruik 'n ringpan 24 cm) en bak tot ligbruin by 180 grade C
Die deeg wat oorbly kan gevries word vir latere gebruik

Vulsel
1 blik "crushed pineapple"
500 g roomkaas ( 2 Houers)
250 ml room
1 blik gekondenseerde melk
1 1/2 E gelatine

Syg pynappel deur en hou sap vir bolaag
Klits room styf en vou al die bestandele in behalwe gelatien
Week gelatien in 1/4 k kookwater
Skep van die vulsel by gelatien en roer goed deur
Dit koel gelatien af en voorkom dat dit 'n klont of drade in jou vulsel vorm
Voeg by res van die bestandele en meng goed
Skep op kors en laat effens stol

Bo laag
Sap van pynappel
2 T mielieblom
Geel voedsel kleursel
1 E suiker
1 E suurlemoensap
Knippie sout

Kook bestandele saam tot dik maar nog loperig en helder
Skep versigtig oor koek
Plaas in yskas tot gestol - WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK