Monday 7 October 2013

FLAN RESEP




FLAN RESEP
4 eiers,
1 K koekmeel,
2 en half t bakpoeier,
halwe koppie kookwater,...
3 e botter (gesmelt)
1 k suiker,
1 t vanielje essens

METODE:
Klits eiers en suiker tot romerig. Sif tesame meel, bakpoeier en voeg bo-op eiers en suiker mengsel. Gooi botter en water bo-op eiers en suiker. Roer goed deur. Gooi in gesmeerde flan panne. Bak by 180 grade vir 15 minute.


 PYNAPPEL VULSELS VIR KOEKE EN FLANS:
BESTANDELE:
1/2 koppie wit suiker
4 eetlepels koekmeel
Knippie sout
1 Eier
1 Blikke fyn pynappel (of stukke)
3/4 Koppie pynappelsap
1 Eetlepel botter/margarien
METODE:
Kook al die bestandele behalwe die botter/margarien in 'n dubbelkoker (of vuurvaste glasbak op kastrol met kookwater) tot dik, roer gedurig.
Roer botter by en laat afkoel om te gebruik as vulsel. - WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK