Wednesday, 9 October 2013

ONTBYTBAKKIE




ONTBYTBAKKIE

JY BENODIG
¼ koppie muesli
1 eetlepel botter
1 appel, geskil en in skyfies gesny
1 teelepel demerara suiker
1 eetlepel bosbessies (cranberries)
1 teelepel
brandewyn
1 eetlepel water
knippie kaneel
20g wit cheddar, gerasper
ekstra demerara suiker
METODE
Skep muesli in ’n klein oondvaste bakkie. Smelt botter in pan en voeg appel en suiker by. Roerbraai tot appel goudbruin, maar nogsteeds ferm, is. Roer bessies, brandewyn en water by. Verwyder van hitte en voeg kaneel by. Strooi kaas oor muesli. Skep appelmengsel oor. Sprinkel met ekstra suiker en bak in oond teen 180˚C vir 8 tot 10 minute.