Wednesday, 9 October 2013

MIS-MY-BROER-SOP




MIS-MY-BROER-SOP

JY BENODIG
2 eetlepels groente-olie
3 medium uie, in kwarte gesny
400g gemengde sampioene, in kwarte gesny
800g jong aartappels (met skil), in kwarte gesny
3 koppies groente-aftreksel
seesout
grofgemaalde swartpeper
¼ teelepel neutmuskaat
½ koppie vars pietersielie, fyngekap
METODE
Verhit olie in kastrol. Roerbraai uie vir 2 minute. Voeg sampioene by, roerbraai vir 2 minute. Voeg aartappels by, roerbraai vir 1 minuut. Voeg groente-aftreksel by, verlaag hitte en laat prut tot aartappels sag is. Laat effens afkoel en verwerk tot puree in voedselverwerker. Geur liggies met sout en peper. Roer neutmuskaat en helfte van pietersielie by. Laat afkoel. Verhit net voor opdiening, garneer met res van pietersielie.
Hierdie sop is nog beter as dit oornag gestaan het in die yskas.
Verdun met afgeroomde melk indien verkies.