Wednesday 9 October 2013

Chilli con carne




Chilli con carne
(30 minute – 4 porsies)

◾15 ml olyfolie
◾1 ui, fyngekap
◾500 g beesmaalvleis
◾1 blik (400 g) gekapte tamaties
◾30 ml tamatiepasta
◾5 ml droë brandrissie (of minder, nes jy verkies)
◾5 ml droë gemengde kruie
◾2 blikke (420 g) rooi bone, gedreineer
◾sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit die olyfolie in ’n kastrol. Braai die ui tot sag en deurskynend. Voeg die maalvleis by en braai vir 4 tot 5 minute tot bruin. Voeg die tamaties, tamatiepasta, brandrissie en gemengde kruie by. Kook stadig vir 15 minute en voeg dan die bone by. Meng deur en laat verder kook vir 5 minute. Geur met sout en peper. Sit voor saam met avokadopeer, skyfies rooiuie, ongegeurde jogurt en gestoomde rys.

(Sarie)