Thursday, 3 October 2013

Lekker vinnige en maklike Yskastert:



Lekker vinnige en maklike Yskastert:

1 blik ingedampte melk, oornag verkoel in yskas
1 pakkie suurlemoenjellie
1 blikkie grenadellapulp...
1 pakkie Tennisbeskuitjies

Maak jellie aan met 1 koppie kookwater.
Laat dit afkoel, maar dit moet nie stol nie.
Plaas melk in 'n menger, en klits dit.
Voeg die jellie en die pulp by en klits die twee goed saam.
Plaas van die beskuitjies onder in 'n vierkantige glasbak. Hou 'n paar eenkant.
Plaas die tertmengsel op die beskuitjies in die bak.
Krummel die orige beskuitjies oor.
Laat staan vir 'n uur in die yskas.
See More